Jeremiah 36:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy afgegaan in die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, en kyk, al die vorste het daar gesit: Elisama, die skrywer, en Delaja, die seun van Semája, en Elnatan, die seun van Akbor, en Gemarja, die seun van Safan, en Sedekía, die seun van Hanánja, en al die vorste. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het toe na die sekretaris se kantoor in die paleis gegaan. Al die senior amptenare was in die vertrek besig met ’n vergadering. Hulle was Elisama die staatsekretaris, Delaja seun van Semaja, Elnatan seun van Akbor, Gemarja seun van Safan, Sedekia seun van Gananja en ook nog ander van die amptenare. |
| Afrikaans 1933/1953 | gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het: Elis ma, die skrywer, en Del ja, die seun van Sem ja, en Âlnatan, die seun van Akbor, en Gem rja, die seun van Safan, en Sedek¡a, die seun van Han nja, en al die vorste. |
| Afrikaans 1983 | het Miga na die staatsekretaris se kantoor in die paleis toe gegaan. Al die amptenare, Elisama die staatsekretaris, Delaja seun van Semaja, Elnatan seun van Akbor, Gemarja seun van Safan, Sedekia seun van Gananja en al die ander amptenare het daar gesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hy afgegaan na die paleis van die koning, na die kamer van die sekretaris. Al die •hoë amptenare het juis daar gesit: Elisama, die sekretaris, Delaja, seun van Semaja, Elnatan, seun van Agbor, Gemarja, seun van Safan, Sedekia, seun van Gananja – al die hoë amptenare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Miga het na die paleis gegaan, na die kamer van die sekretaris van die koning. Al die amptenare het daar gesit. Hulle was die sekretaris Elisama, Delaja seun van Semaja, Elnatan, Akbor, Gemarja seun van Safan, Sedekia seun van Gananja, en al die ander amptenare. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe na die sekretaris se kantoor in die paleis gegaan. Al die senior amptenare was in die vertrek besig met ’n vergadering. Hulle was Elisama die sekretaris, Delaja die seun van Semaja, Elnatan die seun van Akbor, Gemarja die seun van Safan, Sedekia die seun van Gananja en ook nog ander amptenare. |