Jeremiah 36:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Lees dan vir Barug in die boek die woorde van Jeremia in die huis van die HERE, in die kamer van Gemarja, die seun van Safan, die skrywer, in die hoër hof, by die ingang van die nuwe poort van die huis van die HERE, voor die ore van al die mense. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Baruk het Jeremia se boodskappe uit die boekrol in die tempel vir almal voorgelees. Hulle was in Gemarja seun van Safan die sekretaris se kantoor toe hy dit gedoen het. Hierdie kamer was in die boonste voorhof, naby die Nuwe Ingang van die tempel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van die HERE, in die kamer van Gem rja, die seun van Safan, die skrywer, in die boonste voorhof by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE, voor die ore van die hele volk. |
| Afrikaans 1983 | Baruk het toe die boek met die woorde van Jeremia begin lees in die huis van die Here, in die sykamer van Gemarja seun van die staatsekretaris Safan. Die hele volk kon dit hoor. Die sykamer was in die boonste voorhof by die ingang van die nuwe poort van die huis van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Barug het toe uit die boekrol die woorde van Jeremia aan die hele volk voorgelees in die huis van die Here, uit die vertrek van Gemarja, seun van Safan, die sekretaris, in die boonste voorhof by die ingang na die Nuwe Poort in die huis van die Here, ten aanhore van die hele volk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Baruk het alles gelees wat hy op die boekrol geskryf het, alles wat Jeremia gesê het. Dit was in die kamer van Gemarja seun van Safan, by die boonste oop stuk grond waar die mense deur die nuwe poort na die tempel gaan. Al die mense het dit gehoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baruk het uit die boek wat hy vir Jeremia geskryf het vir almal voorgelees. Hulle was in Gemarja se kantoor in die tempel toe hy dit gedoen het. Gemarja was die seun van Sallum, wat sekretaris in die paleis van die koning was. Hierdie kamer was in die boonste voorhof naby die nuwe ingang van die tempel. |