Jeremiah 35:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So het ons na die stem van Jonadab, die seun van Regab, ons vader, geluister in alles wat hy ons beveel het om geen wyn te drink al ons dae nie, ons, ons vroue, ons seuns en ons dogters;
Afrikaans (NLV) 2011 Ons was nog altyd gehoorsaam aan die opdrag van Jonadab seun van Rekab, ons vader. Ons het niks gedoen wat hy ons beveel het om nie te doen nie. Ons het nog nooit wyn gedrink nie, nie ons of ons vroue, seuns of dogters nie.
Afrikaans 1933/1953 En ons het geluister na die stem van ons vader Jonadab, die seun van Regab, in alles wat hy ons beveel het, om geen wyn te drink al ons dae nie, ons, ons vroue, ons seuns en ons dogters;
Afrikaans 1983 Ons was gehoorsaam aan alles wat ons voorvader Jonadab seun van Rekab ons beveel het. Ons het nooit wyn gedrink nie, nie ons nie, nie ons vrouens nie, ook nie ons seuns en dogters nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het geluister na die stem van Jonadab, seun van Regab, ons voorvader, na alles wat hy ons beveel het: om nie, solank ons leef wyn te drink nie – ons, ons vroue, ons seuns en ons dogters –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het gedoen wat ons voorvader seun van Rekab gesê het. Ons het nooit wyn gedrink nie, ons en ons vroue en ons kinders,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons was nog altyd aan Jonadab gehoorsaam en het niks van hierdie goed gedoen nie. Vandat hy ons die opdrag gegee het om nie wyn te drink nie, het nie ons of ons vroue of ons kinders enige wyn gedrink nie.