Jeremiah 35:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle mag geen huis bou en geen saad saai of wingerd plant of niks hê nie; maar al julle dae moet julle in tente woon; dat julle baie dae kan lewe in die land waar julle vreemdelinge is.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle mag ook nie huise bou of graan of wingerde plant nie. Julle moet altyd in tente bly. As julle hierdie voorskrifte volg, sal julle lank in die land bly waar julle soos bywoners leef.’
Afrikaans 1933/1953 Ook mag julle geen huis bou of saad saai of wingerd plant of dit besit nie; maar julle moet in tente woon al julle dae, sodat julle baie dae mag lewe in die land waar julle as vreemdelinge vertoef.
Afrikaans 1983 Julle mag ook nie huise bou of graan saai of wingerde aanlê nie. Julle mag dit nie doen nie, want julle moet altyd in tente woon sodat julle lank kan bly woon in die land waar julle vreemdelinge is.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Huise mag julle nie bou nie, saad mag julle nie saai nie en wingerde mag julle nie aanplant of besit nie. Maar in tente moet julle woon, al die dae van julle lewe, sodat julle lank mag leef op die grond waar julle as •vreemdelinge vertoef. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle mag nie huise bou of koring saai of wingerde plant nie. Julle moet altyd in tente woon sodat julle lank kan lewe in die land waar julle vreemdelinge is.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook gesê dat ons nie huise mag bou om in te bly nie. Ons moet altyd in tente bly. Verder mag ons ook nie graan of wingerde plant nie. As ons hierdie voorskrifte sou hou, sou ons lank kon bly in die land waar ons soos bywoners leef.