Jeremiah 35:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle het gesê: Ons sal geen wyn drink nie, want Jonadab, die seun van Regab, ons vader, het ons bevel gegee en gesê: Julle mag vir ewig geen wyn drink nie, ook nie julle of julle seuns nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hulle het geantwoord: “Nee, ons drink nie wyn nie. Jonadab seun van Rekab is ons voorvader. Hy het ons opdrag gegee: ‘Nie julle of julle nageslag mag ooit wyn drink nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het geantwoord: Ons sal geen wyn drink nie, want Jonadab, die seun van Regab, ons vader, het ons beveel en gesê: Julle mag geen wyn drink, julle en julle kinders, tot in ewigheid nie.
Afrikaans 1983 Maar hulle het geantwoord: “Ons drink nie wyn nie, want ons voorvader Jonadab seun van Rekab het ons beveel: ‘Julle mag nooit wyn drink nie, nie julle nie en ook nie julle kinders nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het geantwoord: “Ons drink nie wyn nie, want Jonadab, seun van Regab, ons voorvader, het ons beveel, ‘Julle en julle afstammelinge mag tot in ewigheid nie wyn drink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hulle het gesê: “Ons drink nie wyn nie, want ons voorvader Jonadab seun van Rekab het vir ons gesê: ‘Julle mag nooit wyn drink nie, julle en julle kinders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle het geantwoord: “Nee, ons drink nie wyn nie. Jonadab die seun van Rekab is ons voorvader. Hy het ons opdrag gegee dat nie ons of ons nageslag ooit wyn mag drink nie.