Jeremiah 35:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het hulle in die huis van die HERE gebring, in die kamer van die seuns van Hanan, die seun van Igdalja, 'n man van God, wat by die kamer van die vorste was wat bokant die kamer van Maäséja, die seun van Sallum, was, die deurwagter:
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het hulle na die tempel van die Here toe gebring. Ons het toe na ’n vertrek gegaan wat aan die seuns van Ganan seun van Jigdalja behoort het. Hy was bekend as ’n man van God. Hierdie kamer was langs die een wat die amptenare in die paleis gebruik het en reg bokant die kamer wat Maäseja seun van Sallum gebruik het. Maäseja was in beheer van die tempel se ingange.
Afrikaans 1933/1953 en ek het hulle gebring in die huis van die HERE, in die kamer van die seuns van Hanan, die seun van Jigd lja, die man van God, wat langs die kamer van die vorste is, bo die kamer van Maäs,ja, die seun van Sallum, die drumpelwagter.
Afrikaans 1983 en hulle na die huis van die Here toe gebring na die kamer van die seuns van Ganan die man van God en seun van Jigdalja. Die kamer was langs dié van die amptenare wat bokant dié van die deurwagter Maäseja seun van Sallum was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hulle na die huis van die Here gebring, na die vertrek van die seuns van Ganan, seun van Jigdalja, die man van God, wat langs die vertrek van die •hoë amptenare was, bo die vertrek van Maäseja, seun van Sallum, die deurwagter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ek het hulle gebring na die kamer van die seuns van Ganan, die man van God. Ganan was die seun van Jigdalja. Die kamer was langs die kamer van die amptenare, en die kamer van die amptenare was bo die kamer van Maäseja seun van Sallum. Maäseja was die wag by die deur van die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het hulle na die tempel toe gebring. Ons het toe na ’n vertrek in die tempel gegaan wat aan die volgelinge van Ganan behoort het. Ganan was die seun van Jigdalja. Hy het bekend gestaan as iemand wat aan God behoort. Hierdie kamer was langs die een wat deur die amptenare in die paleis gebruik is. Dit was ook reg bokant die kamer wat Maäseja die seun van Sallum gebruik het. Maäseja was in beheer van die tempel se ingang.