Jeremiah 35:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Jonadab, die seun van Regab, sal nie wil hê dat 'n man vir ewig voor my aangesig staan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat julle dit gedoen het, sal daar altyd nakomelinge van Jonadab wees wat My sal dien. Dit belowe Ek, die Here, die Almagtige, die God van Israel!’”
Afrikaans 1933/1953 daarom, so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Daar sal vir Jonadab, die seun van Regab, nooit 'n man ontbreek wat altyd voor my aangesig sal staan nie.
Afrikaans 1983 Daarom, sê die Here die Almagtige, die God van Israel, sal daar altyd iemand wees uit die familie van Jonadab seun van Rekab om My te dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom,’ so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘daar sal nooit iemand ontbreek uit die nageslag van Jonadab, seun van Regab, wat by My in diens is nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê Ek, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel: Daar sal altyd iemand van die nageslag van Jonadab, seun van Rekab, wees om My te dien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat julle dit gedoen het, sal daar altyd van die mense wees wat deel is van Jonadab se nageslag wat My sal dien. Dit belowe Ek,” sê die Here.