Jeremiah 35:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jeremia het aan die huis van die Regabiete gesê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel; Omdat julle die gebod van julle vader Jonadab gehoorsaam en al sy bevele onderhou het en gedoen het volgens alles wat hy julle beveel het;
Afrikaans (NLV) 2011 Maar aan die Rekabiete het Jeremia gesê: “Die Here die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘Julle het julle voorvader Jonadab in alles wat hy gevra het, gehoorsaam. Julle het al sy voorskrifte nagekom en gedoen soos hy julle beveel het.
Afrikaans 1933/1953 En aan die huis van die Regabiete het Jeremia gesê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Omdat julle geluister het na die gebod van julle vader Jonadab en al sy gebooie gehou en gedoen het net soos hy julle beveel het,
Afrikaans 1983 Jeremia het toe vir die Rekabiete gesê: So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle het die bevel van julle voorvader Jonadab gehoorsaam en julle gehou aan sy bevele, julle het alles gedoen wat hy julle beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die gemeenskap van die Regabiete het Jeremia toe gesê: “So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Omdat julle gehoorsaam was aan die opdrag van Jonadab, julle voorvader, en julle al sy opdragte nagekom en gedoen het net soos hy julle beveel het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Jeremia het vir die Rekabiete-familie gesê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle het alles gedoen wat julle voorvader Jonadab vir julle gesê het, julle het gelewe soos hy gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar vir die Rekabiete het Jeremia gesê: “Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel. Hy sê: Julle het julle voorvader Jonadab gehoorsaam in alles wat hy gevra het. Julle het al sy voorskrifte uitgevoer soos hy van julle verwag het.