Jeremiah 35:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die onheil wat Ek oor hulle gespreek het, omdat Ek met hulle gespreek het, maar hulle het nie gehoor nie; en Ek het hulle aangeroep, maar hulle het nie geantwoord nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom sê die Here God, die Almagtige, die God van Israel: ‘Omdat julle nie na My wou luister nie, sal Ek al die rampe waarmee Ek gedreig het oor die mense van Juda en Jerusalem bring. Dit sal gebeur omdat julle julle nie aan My gesteur het toe Ek julle geroep het nie, en julle het My ook nie geantwoord nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die onheil wat Ek teen hulle gespreek het; omdat Ek met hulle gespreek, maar hulle nie geluister en Ek hulle geroep, maar hulle nie geantwoord het nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die almagtige God, die God van Israel: Ek laat kom oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die rampe wat Ek oor hulle aangekondig het. Ek het met hulle gepraat, maar hulle het nie geluister nie, Ek het hulle geroep, maar hulle het nie geantwoord nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Daarom,” ’ ” so sê die Here, die God van alle magte, die God van Israel, “ ‘ “Kyk, Ek gaan oor Juda en al die inwoners van Jerusalem al die onheil bring wat Ek oor hulle uitgespreek het, omdat Ek met hulle gepraat, maar hulle nie geluister het nie, Ek hulle geroep, maar hulle nie geantwoord het nie.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Ek het gesê baie slegte dinge sal gebeur met Juda en met almal wat in Jerusalem woon. Daarom laat Ek dit nou gebeur, want Ek het met hulle gepraat, maar hulle het nie geluister nie, Ek het hulle geroep, maar hulle het nie geantwoord nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sê die Here: “Ek sal al die rampe waarvan Ek gepraat het, oor Juda en Jerusalem bring. Dit sal gebeur omdat julle nie na My wou luister nie. Julle het julle ook nie aan My gesteur toe Ek julle geroep het nie. Julle het geweier om My te antwoord.” |