Jeremiah 35:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat die seuns van Jónadab, die seun van Regab, die gebod van hulle vader uitgevoer het wat hy hulle beveel het; maar hierdie volk het nie na My geluister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Die nageslag van Jonadab seun van Rekab het die bevele van hulle voorouers nagekom. Maar hierdie volk het geweier om na My te luister.’
Afrikaans 1933/1953 Ja, die kinders van Jonadab, die seun van Regab, het die gebod van hulle vader gehou wat hy hulle beveel het; maar hierdie volk luister nie na My nie.
Afrikaans 1983 Die nageslag van Jonadab seun van Rekab het hulle gehou aan die bevel wat hulle voorvader hulle gegee het, maar hierdie volk het nie na My geluister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die afstammelinge van Jonadab, seun van Regab, het die opdrag van hulle voorvader, wat hy hulle beveel het, in stand gehou, maar hierdie volk luister nie na My nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die nageslag van Jonadab seun van Rekab het gedoen wat hulle voorvader vir hulle gesê het, maar hierdie volk was nie gehoorsaam aan My nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het die land vir julle en julle voorouers gegee. Maar julle wou nie na My luister om My te gehoorsaam nie.”