Jeremiah 35:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die woorde van Jonadab, die seun van Regab, dat hy sy seuns beveel het om nie wyn te drink nie, is uitgevoer; want tot vandag toe drink hulle niemand nie, maar gehoorsaam die gebod van hul vader maar julle het nie na My geluister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Rekabiete drink nie wyn nie omdat hulle voorvader Jonadab gesê het hulle moenie dit doen nie. “‘Ek het al keer op keer met julle gepraat, maar julle weier om na My te luister.
Afrikaans 1933/1953 Die woorde van Jonadab, die seun van Regab, wat hy sy kinders beveel het om geen wyn te drink nie, het hulle gehou; want hulle het geen wyn gedrink tot vandag toe nie, maar het geluister na die gebod van hulle vader. En k het met julle gespreek, vroeg en laat, maar julle het na My nie geluister nie.
Afrikaans 1983 Jonadab seun van Rekab het sy kinders beveel om nie wyn te drink nie, en tot nou toe drink hulle dit nie, want hulle hou hulle aan sy woorde, hulle is gehoorsaam aan die bevel van hulle voorvader. Ek het vroeg en laat met julle gepraat, maar julle luister nie na My nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Die woorde van Jonadab, seun van Regab, waarmee hy sy seuns opdrag gegee het om geen wyn te drink nie, is in stand gehou. Hulle drink tot vandag toe nog nie wyn nie, want hulle gehoorsaam die opdrag van hulle voorvader. Maar Ek, Ek het aanhoudend met julle gepraat, maar julle luister nie na My nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die nageslag van Jonadab seun van Rekab drink nou nog nie wyn nie, hulle doen wat hulle voorvader gesê het. Maar julle doen nie wat Ek aangehou het om vir julle te sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Rekabiete drink nie wyn nie omdat hulle voorvader Jonadab gesê het hulle moenie dit doen nie. Ek het al keer op keer met julle gepraat, maar julle bly weier om na My te luister.