Jeremiah 35:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Gaan sê vir die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: Sal julle nie tug ontvang om na my woorde te luister nie? spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Gaan na die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem en sê vir hulle: ‘Leer ’n bietjie ’n les hoe om aan My gehoorsaam te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Gaan sê aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: Wil julle hieruit geen lering trek om na my woorde te luister nie? spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Gaan sê vir die mense van Juda en vir die inwoners van Jerusalem: Sal julle dan nooit leer om na my woord te luister nie? vra die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Gaan en sê vir die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: “Wil julle nie teregwysing aanvaar deur na my woorde te luister nie?” ’ ” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Jeremia, jy moet vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, gaan sê: Die Here vra: Hoekom wil julle nie leer en gehoorsaam wees aan My nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is die God van Israel. Hy is sterker as alles en almal. Hy het gesê: “Gaan na die mense van Juda en Jerusalem toe en sê vir hulle: Leer ’n bietjie ’n les hoe om aan My gehoorsaam te wees. |