Jeremiah 35:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe Nebukadrésar, die koning van Babel, in die land opgetrek het, het ons gesê: Kom, laat ons na Jerusalem gaan uit vrees vir die leër van die Chaldeërs en uit vrees vir die leër van die Arameërs; woon in Jerusalem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar toe koning Nebukadnesar van Babel teen die land begin optrek, was ons bang vir die leërs van die Babiloniërs en die Arameërs. Ons het toe besluit om na Jerusalem toe te kom. Daarom bly ons nou in Jerusalem.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe Nebukadr,sar, die koning van Babel, na die land opgetrek het, het ons gesê: Kom, laat ons na Jerusalem gaan vanweë die leër van die Chaldeërs en die leër van die Arameërs. So het ons dan in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans 1983 | Net nou dat koning Nebukadnesar van Babel die land binnegeval het, het ons gesê: ‘Kom ons gaan na Jerusalem toe om weg te kom van die leër van die Galdeërs en dié van die Arameërs af.’ En nou bly ons in Jerusalem.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe Nebukadresar, die koning van Babilonië teen die land optrek, het ons gesê, ‘Kom, laat ons na Jerusalem gaan, weg van die leër van die Galdeërs en die leër van die Arameërs.’ Ons woon dan nou in Jerusalem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe koning Nebukadnesar van Babel na die land gekom het, het ons gesê: ‘Kom ons gaan nou na Jerusalem en gaan woon daar, weg van die soldate van die Galdeërs en die Arameërs.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe koning Nebukadnesar van Babel teen die land begin optrek het, het ons bang geword vir die leërs van die Babiloniërs en die Arameërs. Ons het toe besluit om na Jerusalem toe te kom. Daarom bly ons nou hier.” |