Jeremiah 34:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat elkeen sy dienskneg en elkeen sy diensmaagd, wat 'n Hebreër of 'n Hebreeuse is, moet vry laat gaan; dat niemand hom van hulle sou dien nie, naamlik van 'n Jood, sy broer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het hulle beveel om al hulle Hebreeuse slawe, mans en vroue, vry te laat. Geen Judeër is toegelaat om ’n ander Judeër as slaaf aan te hou nie.
Afrikaans 1933/1953 dat elkeen sy slaaf en sy slavin, 'n Hebreeuse man of Hebreeuse vrou, vry moet laat weggaan, sodat niemand 'n Jood, sy broer, vir hom diensbaar sou maak nie.
Afrikaans 1983 Elkeen sou sy slaaf of slavin van Hebreeuse afkoms vrylaat, geen Judeër sou 'n volksgenoot as slaaf aanhou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dat elkeen sy slaaf en elkeen sy slavin, Hebreeuse mans en vroue, as vry mense moes wegstuur, sodat niemand hulle – die Judeërs en hulle volksgenote – as slawe sou aanhou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elkeen moes sy Hebreeuse slaaf of slavin vry laat weggaan, sodat nie een Judeër 'n slaaf van sy eie volk het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het hulle beveel om al hulle Hebreeuse slawe, mans en vroue, vry te laat. Geen Jood moes meer ’n ander Jood se slaaf wees nie.