Jeremiah 34:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het, nadat koning Sedekía 'n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om aan hulle vrylating uit te roep; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jeremia het nog ’n boodskap by die Here gekry. Dit was nadat koning Sedekia ’n verbond met al die mense in Jerusalem gesluit het om vryheid vir hulle slawe aan te kondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het nadat koning Sedek¡a 'n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om vir hulle 'n vrylating uit te roep, |
| Afrikaans 1983 | Die woord van die Here het tot Jeremia gekom nadat koning Sedekia 'n ooreenkoms met die hele volk wat in Jerusalem was, aangegaan het om hulle slawe vry te laat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het nadat koning Sedekia 'n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om vir hulle vrylating aan te kondig, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit was in die tyd nadat Sedekia 'n ooreenkoms gemaak het met die mense in Jerusalem. Hulle het belowe dat hulle die slawe van hulle eie volk vry sal laat weggaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer met Jeremia gepraat. Dit was nadat koning Sedekia ’n ooreenkoms met al die mense in Jerusalem gemaak het om hulle slawe vry te laat. |