Jeremiah 34:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die leër van die koning van Babel geveg het teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, teen Lagis en teen Aseka, want hierdie beskutte stede het oorgebly van die stede van Juda. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In dié stadium was die Babiloniese leërs besig om Jerusalem, Lakis en Aseka te beleër, die enigste stede in Juda waarvan die mure nog staande gebly het. Hierdie was die enigste versterkte dorpe van Juda wat nog nie ingeneem was nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | terwyl die leër van die koning van Babel oorlog voer teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, teen Lagis en teen As,ka; want hulle het as versterkte stede oorgebly onder die stede van Juda. |
| Afrikaans 1983 | Dit was in die tyd toe die leër van die koning van Babel teen Jerusalem geveg het en teen al die stede van Juda wat nog weerstand gebied het, teen Lakis en Aseka, wat die enigste versterkte stede in Juda was wat nog oorgebly het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | terwyl die leër van die koning van Babilonië besig was om oorlog te voer teen Jerusalem en al die stede van Juda wat oorgebly het, teen Lagis en Aseka; dit was immers die enigste versterkte stede wat oorgebly het van al die stede in Juda. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was toe die soldate van die koning van Babel oorlog gemaak het teen Jerusalem en teen al die stede van Juda wat oorgebly het, ook teen die stede Lakis en Aseka, die enigste stede met sterk mure wat nog oorgebly het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In dié stadium was die Babiloniese leërs besig om teen Jerusalem, Lakis en Aseka oorlog te maak. Hierdie stede was die enigste stede van Juda met mure om wat nog nie ingeneem was nie. |