Jeremiah 34:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy sal nie uit sy hand ontvlug nie, maar jy sal sekerlik gegryp en in sy hand oorgegee word; en jou oë sal die oë van die koning van Babel aanskou, en hy sal met jou mond tot mond spreek, en jy moet na Babel gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal nie wegkom nie, hulle sal jou vang en in die mag van Nebukadnesar oorlewer. Jy sal persoonlik voor die koning van Babel verskyn en met hom praat voordat jy na Babel toe sal gaan.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy sal uit sy hand nie ontvlug nie, maar sekerlik gevang en in sy hand gegee word; en oog in oog sal jy die koning van Babel sien, en mond tot mond sal hy met jou spreek; en jy sal in Babel kom. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal nie uit sy mag ontsnap nie, want jy sal beslis gevang en in sy mag oorgegee word. Jy sal die koning van Babel met jou eie oë sien en self met hom praat en dan sal jy na Babel toe gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En jy, jy sal nie uit sy hand vrykom nie; want jy sal beslis gevange geneem en in sy hand oorgegee word. Jy sal die koning van Babilonië in die oë moet kyk en van aangesig tot aangesig met hom moet praat; en jy sal na Babel toe gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy sal nie kan wegvlug van hom nie. Sy soldate sal jou vang, dit is seker, en hulle sal jou vir hom gee. Jy en die koning van Babel sal mekaar sien en met mekaar praat, en jy sal na Babel gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sedekia, jy sal nie wegkom nie. Hulle sal jou vang en aan Nebukadnesar oorgee. Jy en hy sal persoonlik ontmoet voordat hy jou as gevangene na Babel toe sal stuur. |