Jeremiah 34:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek gee bevel, spreek die HERE, en Ek sal hulle na hierdie stad laat terugkeer; en hulle sal daarteen veg en dit inneem en dit met vuur verbrand; en Ek sal die stede van Juda 'n wildernis maak sonder inwoner. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die Babiloniese leër opdrag gee om na Jerusalem toe terug te keer. Hulle sal weer teen die stad baklei. Hulle sal die stad inval en aan die brand steek. “Verder sal Ek sorg dat al die dorpe van Juda soos ’n eensame en verlate plek is waar niemand meer bly nie. Ek, die Here, sê dat dit so sal gebeur!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek gee bevel, spreek die HERE, en sal hulle na hierdie stad terugbring; en hulle sal daarteen oorlog voer en dit inneem en met vuur verbrand; en Ek sal die stede van Juda 'n wildernis maak, sonder inwoner. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal hom 'n nuwe opdrag gee, sê die Here, Ek sal hom terugbring na hierdie stad toe. Hy sal teen die stad veg en dit inneem en verbrand. Ek sal al die stede van Juda verlate maak, sonder inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek gee bevel,’ ” is die uitspraak van die Here, “ ‘en Ek sal hulle na hierdie stad laat terugkeer, en hulle sal daarteen oorlog voer, dit inneem en dit afbrand. Die dorpe van Juda sal Ek 'n woesteny maak, sonder inwoners.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir hulle sê hulle moet terugkom na hierdie stad. Hulle sal oorlog maak teen die stad en hulle sal dit oorwin en verbrand. Ek sal al die mense laat verdwyn uit die stede van Juda, daar sal niemand woon nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die Babiloniese leër opdrag gee om na Jerusalem toe terug te kom. Hulle sal weer teen die stad baklei. Hulle sal die stad inval en aan die brand steek. Verder sal Ek sorg dat al die stede van Juda soos ’n eensame en verlate plek sal wees waar niemand meer bly nie. Ek, die Here, sê dat dit so sal gebeur!” |