Jeremiah 34:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal Sedekia, die koning van Juda, en sy vorste gee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van die leër van die koning van Babel wat van julle af opgetrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die leër van die koning van Babel het alreeds van julle af teruggetrek. Maar al is dit so, sal Ek koning Sedekia van Juda en sy amptenare aan hulle vyande oorgee. Hulle wil julle graag dood sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Sedek¡a, die koning van Juda, en sy vorste sal Ek oorgee in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek, naamlik aan die leër van die koning van Babel wat van julle af opgetrek het. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal koning Sedekia van Juda en sy amptenare in die mag van hulle vyande oorgee, in die mag van dié wat hulle lewe soek, in die mag van die leër van die koning van Babel al het dit nou van jou af weggetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Sedekia, koning van Juda en sy hoë amptenare sal Ek in die hand van hulle vyande oorgee en in die hand van dié wat hulle lewens soek – in die mag van die leër van die koning van Babilonië, wat besig is om van julle af weg te trek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek sal koning Sedekia van Juda en sy amptenare vir hulle vyande gee wat vir hulle wil doodmaak, vir die soldate van die koning van Babel wat weggegaan het van julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leër van die koning van Babel het alreeds van julle af teruggetrek. Maar al is dit so, sal Ek koning Sedekia van Juda en sy amptenare aan hulle vyande oorgee. Hulle wil julle graag dood sien. |