Jeremiah 34:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die manne gee wat my verbond oortree het, wat nie die woorde van die verbond volbring het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, toe hulle die kalf in twee gesny en tussen sy dele deurgegaan het, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As twee partye ’n verbond sluit, sny hulle ’n kalf in twee dele. Daarna loop die twee partye tussen die dele deur om dit amptelik te maak. So sal Ek met elkeen maak wat die verbond met My verbreek het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het: |
| Afrikaans 1983 | Elkeen wat hom nie gesteur het aan die verbond met My en die voorwaardes van die ooreenkoms wat hulle in my teenwoordigheid aangegaan het, nie nagekom het nie, sal Ek maak soos die kalf wat julle met die verbondsluiting in twee stukke gesny en toe daartussendeur geloop het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat nie die woorde van die verbond wat hulle voor My gesluit het, gestand gedoen het nie, die kalf maak wat hulle in twee gesny en toe tussen die stukke deurbeweeg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het 'n ooreenkoms gemaak, en Ek was die getuie. Julle het 'n kalf in twee stukke gesny en toe het julle tussen die twee stukke verbygeloop. Party manne het nie gedoen wat hulle in die ooreenkoms belowe het nie. Ek sal hulle nou soos daardie kalf in twee stukke sny. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was die gebruik dat as ’n formele ooreenkoms tussen twee partye gemaak word, ’n kalf in twee dele gesny word. Daarna loop die twee partye tussen die dele deur om dit amptelik te maak. So sal Ek met elkeen maak wat die ooreenkoms met My verbreek het. Julle het julle nie gesteur aan wat ons afgespreek het nie. Daarom sal Ek julle middeldeur laat sny. |