Jeremiah 34:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE: Julle het nie na My geluister deur vryheid uit te roep, elkeen vir sy broer en elkeen vir sy naaste nie; kyk, Ek roep vir julle 'n vryheid uit, spreek die HERE, vir die swaard, die pes en die hongersnood; en Ek sal jou laat verhef in al die koninkryke van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Julle het My nie gehoorsaam nie. Julle wou nie julle eie mense vry laat gaan nie. Daarom sal Ek julle nou vrylaat — om slagoffers te wees van oorlog, epidemies en hongersnood. As die nasies van die wêreld julle toestand sien, sal dit hulle met afgryse vervul. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE: Julle het na My nie geluister om 'n vrylating uit te roep elkeen vir sy broer en vir sy naaste nie; kyk, Ek roep 'n vrylating uit, spreek die HERE, om julle oor te gee aan die swaard, die pes en die hongersnood, en Ek sal julle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, so sê die Here: Julle het nie na My geluister nie. Julle het nie julle volksgenote vrygelaat nie. Daarom laat Ek julle nou vry, sê die Here, vry vir oorlog, vir pes en vir hongersnood, en Ek maak julle tot iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daarom, so sê die Here, ‘Julle het nie na My geluister deur elkeen vrylating aan te kondig vir sy volksgenoot en medemens nie. Kyk, Ek gaan dan vir julle vrylating afkondig,’ ” is die uitspraak van die Here, “ ‘maar julle sal vrygelaat wees aan die swaard, aan pessiekte en hongersnood. Ek gaan van julle 'n skrikwekkende voorbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê Ek nou: Julle was nie gehoorsaam aan My nie, julle het nie die slawe wat Israeliete is, vry laat weggaan nie. Nou sal Ek julle vry laat weggaan, vry om te sterf in die oorlog en van pes en van honger. Ek sal julle iets maak wat al die volke sal laat skrik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Julle het nie na My geluister nie. Julle wou nie julle eie mense wat julle slawe was, vry laat gaan nie. Daarom sal Ek julle nou vry laat gaan om slagoffers te wees van oorlog, epidemies en kosskaarste. As die nasies van die wêreld die toestand sien waarin julle is, sal hulle hulle doodskrik. |