Jeremiah 34:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle het omgedraai en my Naam ontheilig en elkeen sy dienskneg en elkeen sy diensmaagd wat julle vrygelaat het na goeddunke, laat terugkom en hulle onderdanig gemaak, om vir julle diensknegte en slavinne te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou het julle julle woord verbreek. Julle het My beledig deur die mans en die vroue wat julle vry laat gaan het, weer julle slawe te maak!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle het weer gedraai en my Naam ontheilig, en elkeen het sy slaaf en sy slavin wat julle vry laat weggaan het volgens hulle begeerte, laat terugkom; en julle het hulle onderdanig gemaak om julle slawe en slavinne te wees. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou het julle weer van gedagte verander en my Naam onteer toe elkeen sy slaaf en slavin wat hy vrygelaat het om sy eie gang te gaan, gedwing het om weer julle slawe en slavinne te wees. En julle mishandel hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar julle het omgedraai en my Naam ontheilig; julle het elkeen sy slaaf en slavin wat julle as vry mense laat gaan het waarheen hulle wou, laat terugkom. Julle het hulle onderwerp om weer julle slawe en slavinne te word.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar toe verander julle weer en julle ontwy my Naam en julle laat die slawe en slavinne wat julle vry laat weggaan het, terugkom en julle maak hulle weer slawe en slavinne. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar nou het julle julle woord gebreek. Julle het My beledig met wat julle doen. Julle kan mos nie nou die mans en die vroue wat julle vry laat gaan het, weer julle slawe maak nie!” |