Jeremiah 34:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle het nou omgedraai en gedoen wat reg is in my oë deur elkeen vir sy naaste vryheid uit te roep; en julle het 'n verbond voor my aangesig gesluit in die huis waaroor my Naam uitgeroep is.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe julle onlangs besef dat dit verkeerd was, het julle reg gedoen en My gehoorsaam. Julle het julle eie mense vrygelaat en in my tempel ’n verbond met My gesluit.
Afrikaans 1933/1953 En julle het vandag tot inkeer gekom en gedoen wat reg is in my oë, om 'n vrylating uit te roep, elkeen vir sy naaste; en julle het 'n verbond gesluit voor my aangesig, in die huis waaroor my Naam uitgeroep is.
Afrikaans 1983 Julle het onlangs egter tot bekering gekom en gedoen wat reg is in my oë deur julle volksgenote wat slawe was, vry te laat. Julle het selfs 'n ooreenkoms voor My aangegaan in die huis waaroor my Naam uitgeroep is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle het egter onlangs tot inkeer gekom en gedoen wat reg is in my oë deur elkeen vrylating aan te kondig vir sy medemens. Julle het voor My 'n verbond gesluit in die huis waaroor my Naam uitgeroep is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En julle het nou die regte ding gedoen wat Ek wil hê. Julle het besluit om die slawe wat Israeliete is, vry te laat weggaan, en julle het 'n ooreenkoms gemaak in die tempel wat my Naam het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe julle onlangs begin besef het dat dit verkeerd is, het julle reg gedoen om My te gehoorsaam. Julle het julle Joodse slawe vrygelaat. In my tempel het julle dit toe met ’n ooreenkoms met My vasgemaak.