Jeremiah 34:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan die einde van sewe jaar laat julle gaan, elkeen sy broer, 'n Hebreër wat aan jou verkoop is; en as hy jou ses jaar lank gedien het, moet jy hom vry van jou laat gaan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aan die einde van sewe jaar moes hulle elke mede-Hebreër wat aan hulle verkoop was, vrylaat. Ná sulke mense ses jaar diens gedoen het, moes hulle vrygelaat word. Maar julle voorouers was ongehoorsaam en het dit nie gedoen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aan die einde van sewe jaar moet julle elkeen sy broer, die Hebreër wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, laat weggaan; jy moet hom as vryman van jou af laat weggaan. Maar julle vaders het na My nie geluister en geen gehoor gegee nie. |
| Afrikaans 1983 | Aan die einde van sewe jaar moet julle elke Hebreeuse volksgenoot wat hom as slaaf aan julle verkoop het, vrylaat. Nadat hy julle ses jaar lank as slaaf gedien het, moet julle hom vrylaat en van julle af wegstuur. Maar julle voorvaders het nie na My geluister nie en hulle nie aan My gesteur nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Aan die einde van sewe jaar moet julle elkeen sy volksgenoot, die Hebreër wat hom as skuldslaaf aan jou verkoop en jou ses jaar lank gedien het, laat gaan. Jy moet hom as 'n vry man van jou af laat weggaan.” Maar julle voorouers het nie na My geluister nie en nie gehoor gegee nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle almal moet elke sewende jaar elke Hebreër van julle eie volk wat 'n slaaf van julle geword het en wat ses jaar lank vir julle gewerk het, vry laat weggaan. “Maar julle voorvaders het dit nie gedoen nie, hulle was nie gehoorsaam nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hulle opdrag gegee om aan die einde van ses jaar elke Hebreër wat ’n slaaf is, vry te laat. Julle voorouers het dit nooit gedoen nie. |