Jeremiah 34:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar daarna het hulle omgedraai en die diensknegte en die slavinne wat hulle vrygelaat het, laat terugkom en hulle onderdanig gemaak vir diensknegte en slavinne.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar later het hulle weer anders besluit. Hulle het die mans en die vroue wat hulle vrygelaat het, teruggeneem en weer hulle slawe gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar daarna het hulle weer die slawe en slavinne laat terugkom wat hulle vry laat weggaan het, en hulle het die as slawe en slavinne onderdanig gemaak.
Afrikaans 1983 Maar die eienaars het agterna van gedagte verander en hulle slawe en slavinne wat vrygelaat was, gedwing om weer slawe en slavinne te wees en hulle mishandel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar daarna het hulle die slawe en slavinne wat hulle as vry mense laat gaan het, laat terugkom en hulle weer as slawe en slavinne onderwerp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar toe het hulle weer verander en hulle het die slawe en slavinne wat hulle vry laat weggaan het, weer laat terugkom. Hulle het hulle weer slawe en slavinne gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) maar later anders besluit. Hulle het die mans en die vroue wat hulle vry laat gaan het, weer hulle slawe gemaak.