Jeremiah 34:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe al die vorste en die hele volk wat in die verbond gesluit het, hoor dat elkeen sy dienskneg en elkeen sy diensmaagd vry moes laat gaan, sodat niemand hulle meer van hulle sou dien nie, het hulle gehoorsaam en laat hulle gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die amptenare en al die mense van Juda het aanvanklik gedoen wat die koning beveel het. Almal wat die verbond aangegaan het om hulle manlike en vroulike slawe vry te laat, was gehoorsaam en het hulle vrygelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die vorste en die hele volk wat die verbond aangegaan het, het gehoor gegee dat elkeen sy slaaf en sy slavin vry sou laat weggaan, sodat die nie meer aan hulle diensbaar sou wees nie; ja, hulle het gehoor gegee en hulle laat weggaan. |
| Afrikaans 1983 | Al die amptenare en die hele volk wat die ooreenkoms aangegaan het om hulle slawe en slavinne vry te laat sodat hulle nie meer diens moes lewer nie, het hulle vrygelaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die •hoë amptenare en die hele volk wat tot die verbond toegetree het, het daaraan gehoor gegee om elkeen sy slaaf en slavin as vry mense te laat weggaan, om hulle nie langer as slawe aan te hou nie. Hulle het gehoor gegee en hulle toe laat gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die amptenare en al die mense wat die ooreenkoms met die koning gemaak het om hulle slawe vry te laat weggaan, het dit gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die amptenare en al die mense van Juda het aanvanklik gedoen wat die koning beveel het, |