Jeremiah 34:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe Nebukadnésar, die koning van Babel, en sy hele leër en al die koninkryke van die aarde van sy heerskappy en die hele volk geveg het teen Jerusalem en teen al die stede daarvan, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 In ’n stadium was koning Nebukadnesar van Babel met sy leër besig om teen Jerusalem en die dorpe van Juda te veg. Saam met sy leër het ook die leërs van ander nasies geveg wat onder sy gesag was. Gedurende hierdie tyd het die Here vir Jeremia ’n boodskap gegee. Hy het gesê:
Afrikaans 1933/1953 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het -- toe Nebukadn,sar, die koning van Babel, en sy hele leër en al die koninkryke van die land van sy heerskappy en al die volke teen Jerusalem en al die stede daarvan oorlog gevoer het --
Afrikaans 1983 Die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het terwyl koning Nebukadnesar van Babel met sy hele leër en met al die koninkryke en volke van die lande waaroor hy geregeer het, oorlog gemaak het teen Jerusalem en die stede onder hom:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het terwyl Nebukadresar, die koning van Babilonië, met sy hele leër, saam met al die koninkryke van die wêreld wat onder sy heerskappy was, en al die ander volke, teen Jerusalem en al haar dorpe oorlog gemaak het:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Nebukadnesar en al sy soldate en al die volke oor wie hy regeer het, het oorlog gemaak teen Jerusalem en al die stede naby die stad. Jeremia het gehoor die Here sê vir hom:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In ’n stadium was koning Nebukadnesar van Babel met sy leër besig om teen Jerusalem en die stede van Juda te veg. Saam met sy leër het ook die leërs van ander nasies wat onder sy gesag was, geveg. Gedurende hierdie tyd het die Here vir Jeremia ’n boodskap gegee. Hy het gesê: