Jeremiah 33:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal vir My 'n naam van vreugde wees, 'n lof en 'n eer voor al die nasies van die aarde wat sal hoor al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal vrees en bewe oor al die goedheid en oor al die voorspoed wat ek hom bewerk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die stad sal vir My baie blydskap, roem en eer voor al die nasies van die wêreld bring. Hierdie nasies sal van vrees bewe as hulle al die goeie dinge sien wat Ek vir my mense doen.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys. |
| Afrikaans 1983 | Dit sal my Naam groot maak en aan My blydskap verskaf, aan My lof en eer gee voor al die nasies van die aarde wanneer hulle hoor van al die goeie wat Ek vir my volk gedoen het. Die nasies sal bang wees en My dien oor al die goeie wat Ek doen en oor die vrede wat Ek vir Jerusalem gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En Jerusalem sal vir My 'n naam wees wat vreugde verskaf – as 'n lofprysing en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie dinge wat Ek vir hulle doen. Hulle sal sidder en beef oor al die goeie dinge en oor al die voorspoed wat Ek vir haar voorsien.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die volke op die aarde sal hoor van die goeie dinge wat Ek vir Jerusalem gedoen het, en hulle sal weet dat Ek trots is op die mooi stad wat my Naam het. Die volke sal skrik en verbaas wees omdat Ek al die goeie dinge doen vir die stad en omdat die mense veilig woon in die stad.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jerusalem sal vir My baie blydskap bring. Al die nasies van die wêreld sal goeie dinge oor My sê en My met respek behandel. Hierdie nasies sal van vrees aan die bewe gaan as hulle hoor van al die goeie dinge wat Ek vir my mense gedoen het.” |