Jeremiah 33:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waardeur hulle teen My gesondig het; en Ek sal al hulle ongeregtighede vergewe waardeur hulle gesondig het en waarmee hulle teen My oortree het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle rein maak van die sonde wat hulle teen My gedoen het. Hulle het verkeerd gedoen en was opstandig teen My, maar Ek sal hulle daarvoor vergewe.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het.
Afrikaans 1983 Ek sal hulle reinig van al die sondes waarmee hulle teen My oortree het en al hulle sondes vergewe waarmee hulle teen My oortree het, en in opstand gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle reinig van al hulle sondeskuld waarmee hulle teen My gesondig het. Ek sal al hulle sondeskuld vergewe waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle reinig en die sondes vergewe wat hulle gedoen het toe hulle verkeerd gedoen het en opstandig was teen My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos ’n mens vuilheid afwas, so sal Ek van al die verkeerde goed wat hulle gedoen het, ontslae raak. Hulle het verkeerd gedoen en was opstandig teen My. Maar Ek sal hulle daarvoor vergewe.