Jeremiah 33:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek sal dit gesond en genesing bring, en Ek sal hulle genees, en sal aan hulle die oorvloed van vrede en waarheid openbaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar neem kennis, die tyd sal aanbreek dat Ek die stad weer sal herstel en gesond maak. Ek sal haar voorspoedig en standvastig maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar 'n oorvloed van duursame vrede. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal hom heeltemal gesond maak en sy inwoners genees; Ek sal vir hulle 'n sterk veilige vesting bou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, Ek gaan Jerusalem herstel en genesing laat plaasvind; Ek sal hulle gesond maak. Ek sal aan hulle 'n rykdom van vrede en bestendigheid openbaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou sal Ek die stad weer bou. Ek sal sy mense gesond maak en Ek sal hulle veilig laat woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar julle kan weet, die tyd sal weer kom dat Ek die mense van die stad gesond sal maak. Ek sal sorg dat dit weer baie goed met hulle gaan. Dit sal met die stad ook goed gaan. Hulle sal weer veilig voel. |