Jeremiah 33:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle kom om teen die Chaldeërs te veg, maar dit is om hulle te vul met die lyke van mense wat Ek gedood het in my toorn en in my grimmigheid, en oor al wie se boosheid Ek my aangesig vir hierdie stad verberg het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Babiloniërs sal steeds die stad binneval. Baie mense in die stad sal doodgaan omdat Ek hulle in my woede sal tref. Die mense van die stad het soveel wandade gedoen dat Ek niks met hulle te doen wil hê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle kom wel om te veg teen die Chaldeërs, maar dit is om die huise te vul met die lyke van mense wat Ek verslaan het in my toorn en in my grimmigheid en oor al die boosheid van diegene om wie Ek my aangesig vir hierdie stad verberg het. |
| Afrikaans 1983 | waarmee die Galdeërs teen julle kom veg het, die huise wat deur die Galdeërs vol gemaak is met die lyke van die mense wat Ek in my gloeiende toorn om die lewe wou bring toe Ek nie meer vir hierdie stad omgegee het nie omdat hy so baie sonde gedoen het: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | toe hulle, die Galdeërs, op pad was om oorlog te voer, en om dit te vul met die lyke van mense wat Ek neergevel het in my toorn en woede, hulle vir wie Ek my gesig verberg het vanweë hierdie stad, oor al hulle boosheid: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Galdeërs kom om die huise vol te maak met die lyke van mense wat Ek laat sterf het. Ek was baie kwaad, Ek wou nie meer die mense van hierdie stad sien nie, want hulle het slegte dinge gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | die Babiloniërs sal steeds in die stad inkom. Baie mense in die stad sal doodgaan omdat Ek hulle in my woede sal tref. Ek wil niks weet van die mense van die stad nie, want hulle het baie verkeerde dinge gedoen. |