Jeremiah 33:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die huise van hierdie stad en oor die huise van die konings van Juda, wat neergewerp is deur die berge en deur die swaard;
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is wat die Here, die God van Israel, sê: Dit was seker so dat julle boumateriaal nodig gehad het om die mure van die stad te versterk teen die stormwapens van die vyand. Daarom het julle van die huise in die stad en selfs dele van die koning se paleis afgebreek. Maar dit sal nie help nie.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE, die God van Israel, met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat omgegooi is as verdediging teen die walle en die swaard --
Afrikaans 1983 So sê die Here die God van Israel oor die huise in hierdie stad en oor die konings van Juda se paleise wat afgebreek is, en oor die beleëringswalle en oor die wapens
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê die Here, die God van Israel, ‘Wat die huise van hierdie stad betref, en die huise van die konings van Juda wat afgebreek is vir die beleëringswalle en wapens,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek, die Here, die God van Israel, praat oor die huise van hierdie stad en oor die paleise van die konings van Juda. Hulle het party huise afgebreek om die muur van die stad sterk te maak vir die oorlog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wat die God van Israel is, sê: Dit was seker so dat julle boumateriaal nodig gehad om die mure van die stad sterker te maak teen die stormtaktiek van die vyand. Daarom het julle van die huise in die stad en selfs dele van die koning se paleis afgebreek. Maar dit sal nie help nie,