Jeremiah 33:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal Ek die nageslag van Jakob en my kneg Dawid verwerp, sodat Ek nie een van sy nageslag sal neem om heersers oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob te wees nie; want Ek sal hulle gevangenskap terugbring en genade oor hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal nie die nageslag van Jakob en my dienaar Dawid vergeet nie. Ek sal nie van plan verander dat iemand uit Dawid se nageslag oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob regeer nie. Ek sal hulle omstandighede verander en My oor hulle ontferm.”
Afrikaans 1933/1953 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
Afrikaans 1983 sal Ek die nageslag van Jakob en die nageslag van my dienaar Dawid verwerp en nie meer een uit sy nageslag vat om te regeer oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie. Ek sal hulle lot verander en medelye met hulle hê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan sou Ek ook die nageslag van Jakob en van Dawid, my dienskneg, verwerp deur nie uit sy nageslag heersers oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob te neem nie. Ja, Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Net so sal Ek nooit die nageslag van Jakob los nie. Ek sal aanhou om mense te kies van my dienaar Dawid se nageslag, hulle sal regeer oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob. Ek sal dit weer goed laat gaan met hulle, Ek sal jammer wees vir hulle en Ek sal hulle help.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal ook nie die nageslag van Jakob en Dawid vergeet nie. Ek sal ook nie van plan verander dat een van Dawid se nageslag sal regeer oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie. Wat sal gebeur, is dat Ek hulle omstandighede weer normaal sal maak soos dit tevore was. Hulle sal weer in rus en vrede in hulle land bly. Ek sal mooi versigtig met hulle werk.”