Jeremiah 33:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Let jy nie op wat hierdie volk gespreek het deur te sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, Hy het hulle selfs verstoot nie? daarom het hulle my volk verag, dat hulle voor hulle nie meer 'n nasie sou wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Het julle gehoor wat die mense sê? ‘Die Here het Juda en Israel gekies, maar nou verwerp Hy hulle weer! Omdat Hy dit gedoen het, kyk ander nasies met minagting neer op my volk. Hulle ag hulle nie langer as ’n nasie nie.’”
Afrikaans 1933/1953 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, die het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.
Afrikaans 1983 Het julle agtergekom dat daar mense is wat sê: “Die Here het die twee stamme Juda en Levi wat Hy gekies het, verwerp”? Hierdie mense minag my volk en beskou hom nie meer as 'n volk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Het jy nie opgelet wat hierdie volk sê nie? Hulle sê, ‘Die twee familiegroepe wat die Here gekies het – Hy het hulle verwerp!’ Hulle verag my volk, sodat, wat hulle betref, hulle nie meer 'n nasie is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Het jy gehoor wat sê hierdie volk? Hulle sê Ek het die twee groepe stamme wat Ek gekies het, gelos. Hulle dink my volk beteken niks. Hulle dink die Israeliete kan nie meer 'n volk wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Het julle gehoor wat die mense sê? Hulle sê dat die Here Juda en Israel gekies het. Maar nou verwerp Hy hulle. Omdat die Here dit gedoen het, sien ander nasies met minagting op hulle neer. Hulle dink nie Israel en Juda is werd om ’n nasie genoem te word nie.”