Jeremiah 33:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan mag ook my verbond met my kneg Dawid verbreek word, dat hy geen seun sou hê om op sy troon te heers nie; en saam met die Leviete, die priesters, my dienaars. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dan en dan alleen sal Ek my verbond met my dienaar Dawid verbreek sodat daar nie meer ’n opvolger as koning op sy troon sal wees nie. Dieselfde geld my verbond met die Levitiese priesters wat in my diens staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars. |
| Afrikaans 1983 | sal die verbond verbreek word wat Ek met my dienaar Dawid gesluit het dat daar altyd vir hom 'n nageslag sal wees om as koning op Dawid se troon te heers. Dit geld ook die verbond wat Ek gesluit het met die Levitiese priesters wat in my diens is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal ook my verbond met Dawid, my dienskneg, verbreek kan word, sodat daar nie vir hom 'n seun sal wees om as koning te regeer op sy troon nie. Dit geld ook my verbond met die Leviete, die priesters wat in my diens is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Net so sal Ek nooit my verbond met Dawid breek nie, iemand van sy nageslag sal altyd koning wees. Ek sal ook nooit my verbond breek met die priesters en die Leviete wat vir My werk nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | dan, en dan alleen, sal my ooreenkoms met Dawid wat in my diens was, verbreek kan word. Net as dit gebeur, sal hy nie meer ’n opvolger uit sy familie as koning hê nie. Dieselfde geld vir die priesters uit die Leviete. Daar sal altyd iemand van hulle vir My by die tempel werk. |