Jeremiah 33:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook mag die Levietepriesters nie 'n man voor my aangesig hê om brandoffers te bring en spysoffers aan te steek en gedurigdeur te offer nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal ook altyd Levitiese priesters wees wat brandoffers, graanoffers en ander offers vir My sal bring.”
Afrikaans 1933/1953 en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor my aangesig 'n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie.
Afrikaans 1983 en daar sal altyd Levitiese priesters wees om offers te bring: brandoffers en graanoffers.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en vir die Levitiese priesters sal daar nie voor My 'n man ontbreek wat altyd •brandoffers bring, •graanoffers verbrand en •maaltydoffers offer nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En daar sal altyd 'n priester of 'n Leviet wees wat vir My brand-offers en koring-offers of ander offers bring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal ook altyd priesters wees wat nakomelinge is van die Leviete. Hulle sal al die soorte offers bring om My mee te dien.”