Jeremiah 33:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie ding sal volbring wat Ek aan die huis van Israel en die huis van Juda beloof het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê ook: “Die tyd breek aan dat Ek al die beloftes sal vervul wat Ek aan Israel en Juda gemaak het.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda.
Afrikaans 1983 Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek die goeie belofte sal nakom wat Ek aan Israel en Juda gemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Kyk, daar kom dae,’ is die uitspraak van die Here, ‘wanneer Ek die goeie belofte wat Ek oor die huis van Israel en die huis van Juda uitgespreek het, gestand sal doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Kyk, die tyd sal kom wanneer Ek sal doen wat Ek belowe het toe Ek gesê het daar sal 'n goeie ding gebeur met die volk Israel en die volk Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê ook: “Die dag sal kom dat Ek al die beloftes wat Ek aan Israel en Juda gemaak het, waar laat word.