Jeremiah 33:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die stede van die berge, in die stede van die laagte en in die stede van die suide en in die land van Benjamin en in die plekke rondom Jerusalem en in die stede van Juda, sal die kleinvee weer deurtrek onder die die hande van hom wat dit aan hulle vertel, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal weer groot skaaptroppe wees in die dorpe van die heuwelgebied, die Laeveld en die Negev in die suide, in die grondgebied van Benjamin, in die omgewing van Jerusalem en al die dorpe van Juda. Ek, die Here, sê dit sal gebeur!”
Afrikaans 1933/1953 In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda sal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sê die HERE.
Afrikaans 1983 In die stede van die Bergland, in dié van die Laeveld en in dié van die Suidland, in die gebied van Benjamin en in die omgewing van Jerusalem, en in die stede van Juda sal daar weer kleinvee wees om te tel, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die dorpe van die bergland, die dorpe van die Sjefela, van die Negev en van die gebied van Benjamin, en in die omgewing van Jerusalem en in die dorpe van Juda, sal die kleinvee weer verbygaan onder die hand van die een wat hulle tel,’ sê die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal gebeur in die stede van die Bergland, in die stede van die Laeveld, in die stede van die Suid-land, in die land Benjamin, rondom Jerusalem, en in die stede van Juda. Die mense sal weer hulle skape tel.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal weer genoeg skape in die land wees om te tel. Dit sal gebeur in die stede van die heuwelgebied, die westelike hange, die Negev in die suide. Verder ook in die grondgebied van Benjamin, in die omgewing van Jerusalem en al die stede van Juda. Ek, die Here, sê dit sal gebeur!”