Jeremiah 33:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Weer sal in hierdie plek, wat woes is sonder mens en sonder diere, en in al die stede daarvan, 'n woonplek wees van herders wat hulle kuddes laat lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sê: “Hierdie land is nou leeg. Al die mense en die diere is weg uit al die dorpe. Maar daar sal weer herders wees wat hulle skape sal laat wei. |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE van die leërskare: In hierdie plek wat woes is, sonder mens of dier, en in al die stede daarvan sal weer 'n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lê en rus. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: In hierdie plek wat so verwoes is dat geen mens of dier oorgebly het nie, en by al sy stede sal weer weiveld vir kuddes wees, lêplek vir kleinvee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘In hierdie plek wat vervalle lê, sonder mense en diere, en in al sy dorpe sal daar weer weiveld wees vir herders wat kleinvee laat lê en rus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Hierdie plek is nou net hope klippe, en hier is nie een mens of dier nie. Maar hier sal weer weiveld wees waar die wagters hulle skape en bokke oppas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer gesê: “Hierdie land is nou leeg. Al die mense en die diere in en om die stede is weg. Maar daar sal weer herders wees wat hulle skape laat wei. |