Jeremiah 33:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Weer sal daar in hierdie plek gehoor word, waarvan julle sê dat dit 'n wildernis sal wees sonder mens en sonder dier, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verlate is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Julle sê: ‘Hierdie plek is verwoes. Al die mense en die diere het verdwyn.’ Maar mense sal weer bly wees en vrolik lag in die leë strate van Jerusalem en in die dorpe van Juda waar nou geen mens woon of diere is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE: In hierdie plek waarvan julle sê: Dit is woes, sonder mens en sonder dier -- in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, sal weer gehoor word |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Daar word nog gehoor dat julle van hierdie plek sê dit is verwoes, sonder mense en sonder diere. Maar in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem wat verwoes en sonder mense en sonder inwoners en diere was, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ So sê die Here, ‘In hierdie plek waarvan julle sê: “Dit lê vervalle, sonder mens of dier” – in die dorpe van Juda en in die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mense, sonder inwoners en sonder diere, sal dit weer gehoor word: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Julle sê Jerusalem is net 'n hoop klippe, daar is nie mense of diere in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem nie, alles is verwoes, daar woon niemand nie en daar is nie diere nie. Maar Ek sê julle sal weer hoor |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het weer gesê: “Julle sê: ‘Hierdie land is verwoes. Al die mense en die diere het verdwyn.’ Maar mense sal weer in die leë strate van Jerusalem en in die stede van Juda bly wees en |