Jeremiah 33:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die woord van die HERE het vir die tweede keer tot Jeremia gekom, terwyl hy nog in die voorhof van die gevangenis opgesluit was, en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Jeremia nog in die binnehof van die wagte opgesluit was, het die Here weer vir hom ’n boodskap gegee:
Afrikaans 1933/1953 Verder het die woord van die HERE vir die tweede keer tot Jeremia gekom, terwyl hy nog opgesluit was in die voorhof van bewaking, en gesê:
Afrikaans 1983 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die woord van die Here het 'n tweede keer tot Jeremia gekom terwyl hy nog onder arres was in die binnehof van die wagte se kwartiere:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het weer met Jeremia gepraat. Jeremia was nog in die tronk in die binneplaas van die wagte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl Jeremia nog in die binnehof van die paleis waar die wagte bly, opgesluit was, het die Here weer met hom gepraat.