Jeremiah 32:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het die stuk grond gekoop van Hanámeël, die seun van my oom, wat in Anatot was, en die geld vir hom geweeg, sewentien sikkels silwer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het die stuk grond by Anatot by my neef Ganamel gekoop. Ek het hom 200 gram silwer daarvoor betaal.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het ek van Han meël, die seun van my oom, die stuk grond gekoop wat in Anatot lê, en vir hom die geld afgeweeg: sewentien sikkels silwer.
Afrikaans 1983 en ek het die stuk grond wat in Anatot is, by my neef Ganamel gekoop. Ek het vir hom twee honderd gram silwer afgeweeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en ek het die stuk grond wat in Anatot is, by Ganamel, seun van my oom, gekoop. Ek het die silwer vir hom afgeweeg – sewentien sikkel silwer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en ek het die grond van my neef Ganamel in Anatot gekoop. Ek het vir hom 17 sikkels silwer daarvoor betaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het die stuk grond by Anatot by my neef Ganamel gekoop. Ek het hom sewentien silwer munte daarvoor betaal.