Jeremiah 32:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het Hanámeël, my oom se seun, na my gekom in die voorhof van die gevangenis volgens die woord van die HERE en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Anatot is, wat in die land Benjamin is; Aan jou behoort die reg van erfenis, en aan jou behoort die verlossing; koop dit vir jouself. Toe het ek geweet dat dit die woord van die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 En soos die Here gesê het sal gebeur, het Ganamel na my toe gekom waar ek opgesluit was in die binnehof van die paleis. Hy het vir my gesê: “Koop my grond by Anatot, in die grondgebied van Benjamin. Volgens reg het jy die eerste opsie om dit te koop as jou besitting. Koop dit vir jouself.” Toe het ek geweet dat dit die Here was wat met my gepraat het.
Afrikaans 1933/1953 En Han meël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van die HERE in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Anatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van die HERE was.
Afrikaans 1983 “Soos die Here gesê het, het my neef Ganamel na my toe gekom in die binneplaas van die paleiswag en vir my gesê: ‘Koop tog my stuk grond wat in Anatot is in die gebied van Benjamin. Dit is jou reg om dit te besit, jy het die lossingsreg. Koop dit vir jou.’ Ek het toe geweet dit is die woord van die Here
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ganamel, seun van my oom, het toe, ooreenkomstig die woord van die Here, na my toe gekom, in die binnehof van die wagte se kwartiere, en vir my gesê, ‘Koop asseblief my stuk grond wat in Anatot in die grondgebied van Benjamin is, want die besitreg en die loskoopreg behoort aan jou. Koop dit vir jou!’ “Ek het toe geweet dat dit die woord van die Here was,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Alles wat die Here vir my gesê het, het toe gebeur. My neef Ganamel het na my toe gekom in die binneplaas van die paleiswagte en hy het vir my gesê: ‘Jy moet asseblief my grond in Anatot koop in die land Benjamin, want jy is my naaste familie en jy mag die grond vir jou koop. Jy moet dit vir jou koop.’ “Ek het toe geweet dit was die Here wat met my gepraat het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En net soos die Here gesê het, het Ganamel toe na my toe gekom waar ek opgesluit was in die paleis se binnehof. Hy het vir my gesê: “Koop my grond daar by Anatot in die grondgebied van Benjamin. Jy het die eerste opsie om dit te koop voordat ander mense die kans kry om die grond te koop. Koop dit vir jouself.” Toe het ek geweet dat dit die Here was wat met my oor die grond gepraat het.