Jeremiah 32:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sal Sedekia na Babel lei, en daar sal hy wees totdat Ek hom besoek, spreek die HERE; al sou julle teen die Chaldeërs veg, sal julle nie voorspoedig wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal Sedekia na Babel toe neem en daar sal hy bly totdat Ek besluit om aan hom aandag te gee, sê die Here. Dit sal nie help om teen die Babiloniërs te veg nie, want julle sal nie wen nie.”
Afrikaans 1933/1953 en hy sal Sedek¡a na Babel bring, en daar sal hy wees totdat Ek op hom ag gee, spreek die HERE. Alhoewel julle teen die Chaldeërs veg, sal julle tog geen voorspoed hê nie.
Afrikaans 1983 Die koning van Babel sal vir Sedekia na Babel toe vat, en hy sal daar bly, sê die Here. Dit is my straf vir hom. As julle teen die Babiloniërs oorlog maak, sal julle die neerlaag ly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en hy sal Sedekia na Babel neem, en hy sal daar bly totdat Ek, die Here, aan hom aandag gee,” is die uitspraak van die Here, “As julle teen die Galdeërs veg, sal julle nie sukses behaal nie.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy sal hom wegvat na Babel. Sedekia sal daar bly totdat Ek weer oor hom sal besluit. Julle sal oorlog maak teen die Galdeërs, maar julle sal nie wen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nebukadnesar sal koning Sedekia Babel toe vat en daar sal hy bly totdat Ek besluit om aan hom aandag te gee. Dit sal julle nie help om teen die Babiloniërs te baklei nie, want julle kan hulle nie wen nie.”