Jeremiah 32:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mense moet lande koop vir geld en bewysstukke teken en dit verseël, en getuies neem in die land van Benjamin en in die plekke rondom Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die berge en in die stede van die dal en in die stede van die suide, want Ek sal hulle lot verander, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal die grond vir geld verkoop. Hulle sal koopkontrakte opstel, teken en voor getuies verseël. Dit sal in die grondgebied van Benjamin en ook hier in Jerusalem gebeur. Verder ook in die dorpe in Juda, in die heuwellande, in die dorpe teen die westelike hange en die dorpe van die Suidland. Ek sal sorg dat hulle omstandighede verander. Ek, die Here, sê dit!”
Afrikaans 1933/1953 Gronde sal hulle vir geld koop en die briewe onderteken en verseël en getuies neem, in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Gebergte en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland; want Ek sal hulle lot verander, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Grond sal vir silwer gekoop word, kontrakte sal geskryf word met seëls daarop en getuies daarvan. Dit sal gebeur in die gebied van Benjamin en in die omgewing van Jerusalem, in die stede van Juda: in die stede van die Bergland en van die Laeveld en in die stede van die Suidland. Ek sal hulle lot verander, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense sal landerye koop met silwer, koopbriewe skryf en verseël, en getuies kry – in die gebied van Benjamin, in die omgewing van Jerusalem, in die dorpe van Juda, in die dorpe van die bergland, die Sjefela, en die Negev, want Ek sal hulle lot verander,’ ” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal geld betaal en grond koop en koopkontrakte skryf en 'n seël-merk daarop druk en getuies se name daarop skryf. Hulle sal dit doen in die land Benjamin en rondom Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suid-land, want Ek sal dit weer goed laat gaan met hulle.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die grond sal vir geld verkoop word. Koopkontrakte sal opgestel, geteken en voor getuies verseël word. Dit sal gebeur in die grondgebied van Benjamin en ook hier in Jerusalem. Verder ook in die stede in Juda, in die heuwellande, in die stede teen die westelike hange en die stede in die Negev in die suide. Ek sal sorg dat omstandighede verander. Dit sal weer met hulle goed gaan.” Ek, die Here, sê dit!