Jeremiah 32:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En lande sal gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis sonder mens of dier; dit word in die hand van die Chaldeërs gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dit is soos julle sê: ‘Die land is nou verlate omdat dit in die mag van die Babiloniërs beland het. Dit is ’n land waar al die mense en diere verdwyn het.’ Maar hulle sal weer grond in hierdie land koop en verkoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee. |
| Afrikaans 1983 | Daar sal weer grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: “Dit is verwoes, sonder mens of dier, oorgegee in die mag van die Galdeërs.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: “Dit is 'n woesteny, sonder mens of dier; dit is oorgegee in die hand van die Galdeërs.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sê hierdie land is leeg, daar is nie mense nie, en die Galdeërs het die diere weggevat, maar Ek sê: Mense sal weer hier grond koop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle land is nou verlate omdat die Babiloniërs dit verwoes het. Dit is ’n land waar al die mense en diere verdwyn het. Maar die Here sê: “Grond sal weer gekoop en verkoop word. |