Jeremiah 32:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE: Soos Ek al hierdie groot onheil oor hierdie volk gebring het, so sal Ek oor hulle bring al die goeie wat Ek hulle beloof het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nes Ek veroorsaak het dat groot rampe hierdie volk van My tref, sal Ek sorg dat hulle weer voorspoedig sal wees soos Ek belowe het. Dit is wat die Here sê Hy gaan doen! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Soos Ek hierdie groot ramp oor hierdie volk gebring het, so sal Ek ook al die goeie wat Ek hulle beloof het, na hulle toe bring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ja, so sê die Here, ‘Soos Ek al hierdie groot onheil oor hierdie volk gebring het, net so sal Ek al die goeie dinge wat Ek oor hulle sê, oor hulle bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here sê: “Ek het hierdie volk laat swaarkry, net so sal Ek dit met hulle goed laat gaan soos Ek belowe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het al hierdie slegte dinge met hulle laat gebeur. Maar soos Ek dit veroorsaak het, sal Ek nou weer goeie dinge vir hulle doen. Ek het belowe dat Ek dit sal doen.” Dit is wat die Here sê Hy gaan doen. |