Jeremiah 32:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, Ek sal my oor hulle verheug om aan hulle goed te doen, en Ek sal hulle verseker in hierdie land plant met my hele hart en met my hele siel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal vir My baie aangenaam wees om goeie dinge vir hulle te doen. Ek sal getrou wees en hulle in hierdie land vestig. Ek sal dit heelhartig doen.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.
Afrikaans 1983 Ek sal dit geniet om goed te doen aan hulle in my trou; met alles wat Ek is, sal Ek hulle weer in dié land vestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal My daarin verheug om aan hulle goed te doen. Ek sal hulle in getrouheid, met my hele hart en siel, in hierdie land plant. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal dit geniet om goed te wees vir hulle. Ek sal hulle regtig in hierdie land plant, Ek sal dit doen met my hele hart.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal vir My baie lekker wees om goeie dinge vir hulle te doen. Ek sal sorg dat hierdie land weer hulle vaste blyplek sal wees. Dit is my grootste begeerte om te sien dat dit gebeur.