Jeremiah 32:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek van hulle nie sal afwyk om aan hulle goed te doen nie; maar Ek sal my vrees in hulle harte gee, dat hulle van My nie sal wyk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit waarin Ek belowe om nie op te hou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My in eerbied te dien. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.
Afrikaans 1983 Ek sal 'n blywende verbond met hulle sluit. Ek sal nooit ophou om aan hulle goed te doen nie en Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit: Ek sal My nooit daarvan weerhou om aan hulle goed te doen nie, en Ek sal ontsag vir My in hulle harte gee, sodat hulle nie van My af sal wegdraai nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal 'n verbond met hulle maak vir altyd. Ek sal nie weggaan van hulle nie, Ek sal goed wees vir hulle. En Ek sal hulle harte verander sodat hulle My sal wil dien, en sodat hulle nie sal weggaan van My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal met hulle ’n ooreenkoms maak wat nooit sal ophou nie. Ek sal hulle nooit in die steek laat nie. Ek sal ook nie ophou om goeie dinge vir hulle te doen nie. Verder sal Ek ’n begeerte by hulle wakker maak om My te respekteer. Dan sal hulle nie weer van My af wegdwaal nie.