Jeremiah 32:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Sedekía, die koning van Juda, sal nie uit die hand van die Chaldeërs ontvlug nie, maar hy sal sekerlik in die hand van die koning van Babel oorgegee word en mond tot mond met hom spreek, en sy oë sal sy oë aanskou; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sedekia sal nie ontsnap nie. Die Babiloniërs sal hom vang en hom in die mag van die koning van Babel oorgee. Hulle sal van aangesig tot aangesig ontmoet en hy sal persoonlik met Sedekia praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Sedek¡a, die koning van Juda, sal uit die hand van die Chaldeërs nie ontvlug nie; maar hy sal sekerlik oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal mond tot mond met hom spreek en oog in oog hom sien; |
| Afrikaans 1983 | Koning Sedekia van Juda sal nie vrykom uit die mag van die Galdeërs nie. Hy sal beslis uitgelewer word aan die koning van Babel en persoonlik met hom praat en hom met sy eie oë sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en Sedekia, koning van Juda, sal nie vrykom uit die hand van die Galdeërs nie, maar sal beslis oorgegee word in die hand van die koning van Babilonië, en hy sal van aangesig tot aangesig met hom praat en hom in die oë moet kyk; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En koning Sedekia van Juda sal nie kan wegvlug van die Galdeërs nie. Ek sal hom vir die koning van Babel gee, dit is seker. Die koning sal self met Sedekia praat. Hy sal vir Sedekia sien |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sedekia sal nie ontsnap nie. Die Babiloniërs sal hom vang en hom na die koning van Babel toe vat. Hy sal direk met die koning van Babel te doen kry. Hulle sal persoonlik met mekaar praat. |